Belas op geld wat jy nooit gemaak het nie!

Dr. Hennie Barnard, Heroldsbaai:

Op sosiale media gons dit al 'n geruime tyd omdat Georgiete maandeliks belas word op geld wat ons nooit regtig gemaak het nie. Sodra 'n mens toelaat dat dit 'n bietjie insink, kry baie inwoners plotselend suurkrop.

Kom ons vat 'n eenvoudige voorbeeld. Jy koop jou aftreehuis in 2021 vir R1 800 000 en in 2024 besluit die waardeerders van George-munisipaliteit jou eiendom is nou R3 200 000 werd. Skielik lyk jy op papier baie ryker. Maar is jy? Jy vra jouself af:

  • Het ek die huis verkoop? "Nee."
  • Kan ek enige wins in my bankrekening sien? "Nee."
  • Het iemand vir my op enige manier die R1 400 000-verhoging in waardasieprys fisies oorhandig? "Beslis nie."

Tog verhoog jou eiendomsbelasting asof jy daardie geld werklik ontvang het, en dit is waar die probleem lê. 'n Hoër waardasieprys vir jou eiendom is mos nie inkomste nie? Dit is ook nie kontant in jou sak nie. Dit is bloot 'n waardasie - 'n syfer wat iemand iewers op papier bepaal het.

Maar hierdie hoër syfer het 'n beduidende impak op jou maandelikse besteding. As jou aandeleportefeulje in waarde verdubbel, betaal jy nie belasting totdat jy dit verkoop nie. As jou salaris nie styg nie, betaal jy nie skielik meer inkomstebelasting nie.

Waarom werk dit anders met eiendom? 'n Huis is immers nie net 'n belegging nie. Dit is 'n plek waar mense woon, kinders grootgemaak word en lewens gebou word. Tog beteken die huidige stelsel dat jy alles probeer reg doen - jou lening vinniger afbetaal, jou finansies deeglik bestuur - maar steeds jaar na jaar al hoe meer moet betaal bloot omdat jou huis se waarde op papier styg. Dit plaas veral druk op pensioenaris-huishoudings en middelklasgesinne wat nie noodwendig meer kontantvloei het nie, maar wat wel hoër maandelikse uitgawes moet bybring.

Munisipaliteite voer natuurlik aan dat eiendomsbelasting nodig is om dienste te finansier en dat waardasies deel is van 'n breër ekonomiese werklikheid. Maar baie inwoners weet hulle betaal reeds apart vir hulle krag, water, riool en vullisverwydering. Vir hulle voel dit minder soos 'n billike stelsel en meer soos 'n straf op papier-rykdom wat nooit gerealiseer het nie.

Jacques Wessels, chairperson of the George Ratepayers Association (GRPA), comments:

Re-evaluating the 'unrealised wealth' argument in municipal rates

Dr Hennie Barnard's letter touches on a profound point of economic frustration felt by many George residents: the taxation of 'unrealised wealth'. While his perspective framing the property rates increase as a tax on wealth is understandable, it is essential to evaluate these against the technical mechanics of the Municipal Property Rates Act (MPRA).

The MPRA does not treat a primary residence as an income-generating asset, but rather as a benefit-based tax. Unlike capital gains tax, which is only triggered upon the sale of an asset, municipal rates are a 'holding tax' assumed to correlate with one's ability to contribute to the city's upkeep.

The fundamental distinction lies in what these taxes fund. While utilities cover direct consumption, be it that some measure of cross-subsidisation occurs, rates fund 'non-direct consumption' property infrastructure and public goods - such as fire departments, disaster management, public parks, libraries and beaches like Herold's Bay. These services must be maintained regardless of whether a homeowner's paper wealth has been liquidated.

We must bridge the gap between the technical 'how' of the law and the emotional 'why' of the hardship it causes.

Each citizen needs to assess their property values and category and object as individuals, as the GRPA cannot object on your behalf, but equally important, they should join the GRPA to ensure a fair, transparent methodology to determine property values and monitor municipal finances and accountability.

The real solution lies not just in objecting to valuations, but in collective oversight of municipal spending to ensure that the 'cent-in-the-rand' tariff remains fair as property values rise.

Riaan du Plessis, hoof- finansiële beampte van die George-munisipaliteit, antwoord:

Eiendomsbelasting is nie die keuse van 'n plaaslike munisipaliteit nie. Dit is 'n nasionale wetlike vereiste onder die Munisipale Eiendomsbelastingwet (nr. 6 van 2004). Die wet vereis dat alle eiendomme op 'n gereelde basis teen hul markwaarde gewaardeer word en dat hierdie waardes gebruik word as die grondslag vir eiendomsbelasting.

Eiendomsbelasting is dus nie 'n belasting op inkomste of gerealiseerde wins nie, maar op eiendomsbesit. Die belasting vorm 'n belangrike bron van inkomste wat munisipaliteite gebruik om basiese dienste en infrastruktuur te lewer.

Die George-munisipaliteit verstaan egter dat dit vir baie inwoners frustrerend en selfs onregverdig kan voel wanneer eiendomswaardes styg sonder dat daar enige werklike kontantvloei of inkomste daarmee gepaard gaan. Hierdie bekommernisse, veral onder pensioenaris-huishoudings en gesinne met vaste inkomste, is geldig en word raakgesien.

Derhalwe het die munisipaliteit verskeie addisionele kortings in plek gestel om pensioenarisse en lae-inkomste-huishoudings te help.

Soos gemeld in die onlangse Munisipale Nuusbrief (Uitgawe 81 van Mei 2026), vorder die munisipaliteit nie belasting op die eerste R230 000 van die markwaarde van die eiendom in nie. Die R230 000 sluit in die

R15 000 statutêre ontoelaatbare belasting soos per gedeelte 17(1)(h) van die Munisipale Eiendomsbelastingwet.

Alle eienaars van residensiële eiendomme wat vir residensiële doeleindes gebruik word, is geregtig op:

  • 'n korting van 40% op eiendomsbelasting op sodanige eiendomme, indien hul totale inkomste, soos omskryf in die munisipaliteit se Eiendomsbelastingsbeleid, minder as R198 000 per jaar (R16 500 per maand) is (10% verhoging in korting vanaf vorige jaar); of
  • 'n korting van 20% op eiendomsbelasting op sodanige eiendomme, indien hul totale inkomste, soos omskryf in die munisipaliteit se Eiendomsbelastingsbeleid, R198 000 of meer per jaar is, maar minder as R217 800 per jaar (R18 150 per maand) (10% verhoging in korting vanaf vorige jaar); of
  • 'n korting van 40%, verhoog vanaf 35%, op eiendomsbelasting sal van toepassing wees op pensioenarisse wat tot R429 000 per jaar verdien, verhoog vanaf R390 000 per jaar, op die eerste R2 475 000 van die waardasie van die eiendom, verhoog vanaf R2 250 000. Hierdie korting sal van toepassing wees op persone ouer as 65 jaar, en slegs ten opsigte van hul enkele primêre woning.

George-munisipaliteit nooi alle kwalifiserende huishoudings uit om aansoek te doen vir hierdie voordele.