Coetzer is al geruime tyd joernalis by die tydskrif Weg en sy woord-orkes, The Buckfever Underground, tree die afgelope 15 jaar op. Hy en lede van die groep is deur die land met 'n opvoering bykans elke aand op 'n ander dorp, op toer. Hulle is ook hierdie naweek by die leesfees op Prins Albert te sien, waar hulle Saterdagaand optree terwyl Toast Son-dagoggend tydens die fees aan 'n gesprek oor digkuns deelneem.
"Ek is by elke optrede, maar die lede van Buckfever sluit aan of verlaat my afhangende van waar ons optree en hoe beskikbaar hulle is, want ons het almal 'day-jobs' ook," het hy verlede week tydens sy optrede in George gesê.
Die optrede is deur Adolph van Coller en Liesl van Zyl by hul huis in Heatherlands gereël. Sowat 30 gaste het informeel op komberse op die grasperk gesit en na Toast se besondere woord-optrede onder begeleiding van Stephen Timm op sleutelbord en dromme, geluister. 'n Plaaslike prokureur, Uys Fourie, het die aand ingelei met uitvoe-rings van sy eie liedjies terwyl 'n oud-George inwoner, Mavis Vermaak, van haar eie gedigte voorgelees het.
Sy het afgesluit met 'n treffende weergawe van Koos du Plessis se liedjie Skadu's teen die muur.
Volgens Toast het hy en lede van Buckfever verlede week nog sowat 19 optredes in bietjie meer as twintig dae gehad, wat voorgelê het.
Van links: Liesl van Zyl, Adolph van Coller, Toast Coetzer, Stephen Timm, Mavis Vermaak, Uys Fourie en Uys Fourie jnr. na afloop van verlede week se optrede by Liesl en Adolph se huis. Foto: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'