GEORGE VERMAAKNUUS - Le Roux Hofmeyr, 'n oud-Kwagga is lid van 'n rock-groep, The Valley, wat verlede week na Europa vertrek het waar hulle in Portugal en Duitsland gaan optree.
Die groep is in Kaapstad gebaseer, maar het 'n agent in Portugal. Hulle is ook deur promotors in Duitsland genader om in daardie land op te tree. Die groep keer op 10 Mei terug. Hulle glo dat hierdie toer nuwe deure vir hulle kan oopmaak.
The Valley het al 'n musiekvideo, Siren en twee musieksnitte op viniel, Obelisk en Twist the Knife vrygestel.
Hofmeyr het reeds van graad 1 af musiek geneem en was nog altyd lief vir sing en musiekmaak. Hy het homself leer kitaar en baskitaar speel. Sy ouers, Niel en Louise Hofmeyr wat in George woon, moedig hom aan om sy passie vir musiek ten volle uit te leef.
Die ander lede van die groep is Charl Stemmet, 'n oud-Struisie, en Anton Louw.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'