GEORGE NUUS - Hoërskool Pacaltsdorp het as deel van hulle 50ste feesjaar die afgelope naweek 'n Jazz en Chill-geleentheid aangebied waar oud en jonk bymekaar gekom het.
Die skoolterrein het behoorlik gegons toe oudleerders, onderwysers, families en vriende bymekaar gekom het vir 'n aand van musiek, kuier en nostalgie.
Oudleerder en onderhoof, Anthony Delo, sê die geleentheid was 'n groot sukses, met 'n warm, feestelike atmosfeer wat lank ná die laaste noot nog in die lug gehang het.
"Dit was verblydend om te sien hoe ou skoolmaats en vriende weer connect, stories uit die verlede deel, die rugbymanne wat oor hulle ervaring gepraat het en sommer net die samesyn geniet het."
'n Heerlike atmosfeer het by die Jazz en Chill geheers.
Reüniegroepe het trots in hul spesiaal ontwerpte T-hemde opgedaag om hul matriekjare te vier, met die klas van 1994 wat sekerlik die grootste opkoms gehad het. Ook die groep van 1978 het hul merk gemaak, onder hulle die bekende oudonderwyser, Overton November.
"Dit was lekker om almal te sien en die foto's op die skool se Facebook-blad getuig van die heerlike atmosfeer wat daar geheers het," sê Delo.
Die klanke van jazz en plaaslike talent het die gehoor behoorlik vermaak. Optredes deur die jazzorkes van Hoërskool George en Hoërskool Pacaltsdorp se jazzgroep het die toon aangegee, terwyl kunstenaars soos Wimpy Williams, Alicia Oktober, Gereldo Lewis en Germaine Leonard gaste uit hul stoele gehad het.
Verskeie DJ's, onder andere DJ Nathaniel, DJ Easy E en DJ Skizo, het gesorg dat die energie tot laat voortgeduur het.
Oudleerders Daniël Moolman en Hugh Ohlson.
Lucelle van Rensburg (regs) saam met haar skoonsuster, Dedré van Rensburg en JJ Maton het die dag geniet.
Germaine Leonard was in sy element op die verhoog.
Oudonderwyser, Ernie Kroutz en sy vrou, Naomi.
Oudleerders, Brandon Petersen en Ricardo Plaatjies, saam met hul ou laerskool onderwyser van Pacaltsdorp Primêr, Aubrey Jansen.
Musiek vir die siel het gevloei met die klanke uit Emile Conrad se saksafoon.
Die klas van 1994 wat sekerlik die grootste opkoms gehad.
Gasheer en seremoniemeester Phiri (tweede van links) saam met van die skool se heel eerste matrikulante, Klas van 1978. Hulle was van die eerste leerders by die skool met die opening in 1976, van links, Berenice Carelse, Phiri, Beryl Abrahams en Overton November, wat ook 'n oudonderwyser van die skool is.
Vorige artikels:
Hoërskool Pacs vier 50 jaar met vol feesprogram
Klas van 1989 hou spesiale reünie by Pacaltsdorp Hoërskool
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’