Gallery
GEORGE NUUS - Pacaltsdorp Hoërskool het vandag, Vrydag 20 September, die klas van 1989 verwelkom vir 'n nostalgiese reünie by hul alma mater. Die oudleerders het kersies aangesteek ter nagedagtenis aan medeleerders en onderwysers wat intussen oorlede is om so hulde aan hulle te bring.
GALERY - Klas van 1989 hou spesiale reünie by Pacaltsdorp Hoërskool
Die geleentheid is verder vereer met die teenwoordigheid van mnr. Royce Hufkie, die skool se tweede hoof sedert sy ontstaan, en sy vrou, Carol.
Oudleerders en onderwysers het met groot entoesiasme herinneringe uit hul skooldae gedeel. Die staaltjies uit die verlede het gesorg vir lekker lag en heimwee, voordat die groep 'n heerlike middagete by die skool geniet het.
Die reünie was 'n besonderse tyd van saamwees waar oudklasmaats die geleentheid gehad het om bande te hernu en die vervloë dae van 1989 te herleef.
Lees meer hieroor in volgende week se uitgawe.
Oud-leerders van die Klas van 1989 en oud-onderwysers. Foto's: Lizette da Silva
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’