Jan het enkele ure nadat hy en sy famlie Dinsdag in George aangekom het, sy eerste vertoning in sy tuisdorp aangebied met ‘n stampvol Kalahari Teater wat hom luidkeels toegejuig het.
Die vertoning en musikante - en natuur-lik om Elvis ‘op eie bodem’ te hê - was fantasties en menige het na die tyd gesê Elvis in lewende lywe is stukke beter as op TV.
Jan, met sy uitstaande verhoogpersoonlikheid en spitsvondigheid het almal aan die lag gehad met sy staaltjies van die Idols-kompetisie.
Drie dae in rye gestaan
Hy het met kleur en geur vertel in hoeveel rye hy moes staan oor drie dae voordat hy voor die "regte" beoordelaars verskyn het - hy moes selfs ‘n paar ekstra onderbroeke gaan aanskaf, want hy het gepak vir een dag.
ARTIKEL EN FOTO'S: ITHA KIESER
.jpg)
Plaaslike liedjieskrywer van George, Adri van Nieuwenhuizen (middel) het binne ’n uur die lirieke geskryf van die lied From Elvis to you en oorhandig dit hier aan Elvis Blue. Michael Lindt het nog ‘n uur gebruik om dit te toonset en het dit Dinsdagaand tydens die voor-opvoering gesing. Dit is geskryf asof van Elvis Blaauw - die seuntjie aan wie Elvis sy verhoognaam ontleen het - aan Jan. Links agter is Philip de Vries van LIFE Community Services.