Die mooiste musiek weerklink uit die Pacaltsdorp-biblioteeksaal waar die kinders oefen en dit maak jou sommer self lus om te dans.
Johnathan April van HTC-dansskool (Helping the Community) het begin dans voordat hy kon loop en het op agtjarige ouderdom by ‘n plaaslike dansskool aangesluit.
Hy doen Latyns Amerikaanse danse, die tango, ballroom-dans, salsa, cha-cha, samba en jive.
April sê sy passie in die lewe is dans en hy wil dit met die gemeenskap deel.
Die grootste kompetisie wat hy al gedans het, was Rumba in the Jungle by Sun City in die Super Bowl-saal waar hy in die goue-seksie tweede geëindig het.
Hy sê hy het sy studente ingelig dat alhoewel hulle baie pret gaan hê, hulle net so hard gaan werk.
"Dans is nie net sports nie, maar ook 'n sport. Die kinders hier het baie danstalent en het ‘n natuurlike aanvoeling vir ritme," sê hy.
Hy bied klasse aan vir kinders van 16:00 tot 18:00 en daarna begin die sosiale klasse vir volwassenes waar mense net vir die pret kan kom dans. Hy bied ook klasse aan paartjies wat ernstig is oor ballroom en professioneel wil dans.
Kyk nog foto's hier.
.jpg)
Johnathan April saam met die dansertjies van HTC-dansskool.
ARTIKEL EN FOTO'S: LIZETTE DA SILVA.