GEORGE HENGELNUUS - Die jaarlikse George Wildman-hengelderby word weer op 12 Desember aangebied.
Groot pryse ter waarde van R40 000 is op die spel, wat ook verskeie gelukstrekkings insluit.
Die formaat van die derby verander vanjaar en geen vangste word by die prysuitdeling toegelaat nie.
Die derby is juis so gestruktureer om die vrylaat van vangste te bevorder. Reëls en instruksies is voor en agterop die kaartjie aangebring. Vroue- sowel as o.16-hengelaars kan ook in die prysgeld deel.
Hengelaars kan op die rotse, van die strand af en in riviere hengel. Bote op rivier is ook toelaatbaar. Daar kan van Stilbaai tot by Nature's Valley gehengel word.
Kaartjies kos R50 per hengelaar en is beskikbaar by Wildman, Sportscentre, X-Treme Fishing en Reel Run in George en J & J Marine Sales en X-Treme Outdoors in Mosselbaai, Harten Hengel in Hartenbos en Klein-Brak, Sportscentre en Breezers in Knysna en Sportcentre in Plettenbergbaai.
Vir enige navrae bel George Wildman 044 873 2149 of Tersius Baard by 082 965 5904.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'