GEORGE HENGELNUUS - Die Outeniqua-hengelklub van George het die Eden-hengelvereniging se eerste hengelkompetisie Saterdag by Boggomsbaai gewen.
Ettien Burger van Outeniqua-klub was die tophengelaar van die dag met 126.04 punte. Hy het ook die grootste oneetbare vis, 'n skeurtandhaai van 105,27 kg geland.
Jacques Snyman (Triton-klub op Mosselbaai) se kabeljou van 3,57 kg was die grootste eetbare vis.
Die voorste vrouehengelaar was Mariette Westraadt (Stilbaai) met 5.23 punte.
Christiaan Buchle (Plettenbergbaai) was die beste o.16-hengelaar met 11.56 punte en die top-o.21-hengelaar was Jonathan Wiehahn van Outeniqua met 67.76 punte.
Die topmeester was Bret Wiehahn van Outeniqua met 42.25 punte en die grootmeester was Hennie Klein van Atlantic met 6.62 punte.
Die pryse vir die gelukstrekking is deur Atlantic-hengelklub geskenk.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'