GEORGE NUUS - Inwoners kry Saterdagaand, 28 Oktober, geleentheid om saam na die wedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks op televisie te kyk. Die spanne speel in die eindstryd van die wêreldbekertoernooi in Parys, Frankryk.
Die geleentheid word deur die Conville wykskomitee gereël en vind by die Conville-burgersentrum plaas.
Die deure open om 19:00. Die wedstryd begin om 21:00. Toegangsgeld beloop R20. Mense word genooi om ‘n piekniekmandjie saam te bring.
Brandon Adams, die wyksraadslid vir wyk 17, het vandag, 26 Oktober, gesê die geld gaan later gebruik word vir ‘n Kersete vir bejaardes in die wyk.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’