Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Een van die spanne wat aandag trek by die George Tens Sport en Leefstylfees is Droogtehulp.
Hulle speel in die afdeling oor 35 jaar. Hulle speel vanoggend teen die SA Legends.
Gister het hulle vier wedstryde gespeel waarvan hulle twee gewen het en twee verloor het.
Die span bestaan uit spelers van regoor Suid-Afrika. Een van die oudste spelers in die span is Piet Lourens van Riversdal, hy is 48 jaar oud.
Rudi Spamers, kaptein van die span, het gesê hulle speel om mense bewus te maak van die droogte situasie.
Die terugvoering wat hulle kry is baie positief. Burre Burger,stigter van
Droogtehulp is saam met die span in George.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'