GEORGE NUUS - Die groot ongelukkigheid oor die skeidsregter se beslissing in die Premierliga-kragmeting tussen Progress en George, wat Progress in staat gestel het om 'n drie in die doodsnikke te gaan druk vir 'n naelskraapse oorwinning, het in 'n heen-en-weer-debat ontaard met verskeie interpretasies oor presies wat gebeur het.
Hier is 'n puntsgewyse weergawe van een van die lynregters wat aan diens was en wat dit dus eerstehands ervaar het:
- Die skeidsregter, Delbirth November, ken 'n strafskop toe aan Progress met hulle op die aanval.
- Progress-kaptein dui aan hulle gaan pale toe skop.
- Die skeidsregter wys duidelik aan lynregters Progress gaan pale toe skop.
- Lynregters gaan neem stelling agter die pale in vir strafskop.
- Progress-kaptein verander van besluit en vra skrum aan (reëls sê as 'n span aandui hulle gaan pale toe skop, moet hulle daarby hou).
- November ken skrum toe aan Progress.
- Progress gaan druk.
Penalty Goal:
"20. If the team indicates to the referee the intention to kick at goal. The intention to kick can be communicated to the referee or signalled by arrival of the tee or sand or when the player makes a mark on the ground.
Lees 'n verwante artikel: Seidsregter knak George in doodsnikke
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'