Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Daar was Woensdagmiddag, 10 Junie, groot opgewondenheid op Outeniquapark toe die SWD Arende en die o.18 SWD Cravenweek saam geoefen het.
In daardie stadium sou die wedstryd die naweek tussen die Arende en die Boland Kavaliers nog plaasvind.
Vir beide die groepe was dit ‘n wen-wen situasie. Die Arende het die geleentheid gebruik om hul balvaardighede op te knap en die Cravenweekspelers het geleer by die ouer garde.
Anton Moolman, hoofafrigter van die Arende het sy breedvoerige rugbykennis met die spelers gedeel.
Janneman Stander, kaptein van die Arende, het die Cravenweekspelers sterkte toegewens. Hy het op sy dag self vir die SWD Cravenweek span uitgedraf.
VIDEO: Kyk wie oefen saam
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’