GEORGE NUUS - Dis seker nie die verjaarsdag-geskenk wat Manie Libbok wou gehad het nie, maar hy hoef glad nie sleg te voel.
Hy het sy kant vir die Springbokke gebring.
Dis vandag Manie se verjaarsdag en hy is 26 jaar oud.In sy skooldae het hy onder meer vir Hoërskool Outeniqua in George se eerste span uitgedraf.
Tydens vandag se wedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks het hy van die plaasvervangerbank in die groen en goud opgedraf.
Ongelukkig het die Springbokke 35-20 verloor.
Hy was verlede Saterdag deel van die Springbokspan wat Australië die loef afgesteek het in Pretoria. Vandag se wedstryd het in Auckland Nieu-Seeland plaasgevind.
Geluk met jou verjaarsdag Manie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’