Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die eerste wedstryd op die laaste dag van die Africa Skills George Tens Sport- en Leefstylfees het kort gelede begin.
Die Panthers speel teen Uitenhage.
Die son skyn en toestande vir rugby lyk aansienlik beter as 24 uur gelede toe dit gereën het.
Volgens Heyneke Meyer, een van die organiseerders, is sowat 20 wedstryde gister gespeel van hoofsaaklik junior spanne.
FOTOGALERY: Laaste dag van die Africa Skills George Tens Sport- en Leefstylfees
Altesame 43 wedstryde gaan vandag gespeel word. Hy het gesê nieteenstaande gister se reën is die organiseerders oorweldig oor die goeie opkoms.
VIDEO: Laaste dag van Tens
Daar word vandag behoorlik rugby gespeel by die Tens op Outeniquapark.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'