Toegang tot Eagle's Nest onder die hoofpawiljoen is gratis en daar is genoeg om te drink en te eet.
Daar is volop sitplek en tafels met 'n volledige kroeg, worsbroodjies, volop koue bier en natuurlik die Castle-promosiehoek, waar talle pryse gewen kan word. Die rugby kan binne Eagle's Nest op twee platskerm-TV's of op 'n massiewe groot-skerm gevolg word. Buite is ook twee plasma-TV's by die braai-area om die rokers en worsbraaiers te akkommodeer.
Op 24 Augustus, 7 September en 14 September maak Eagle's Nest om 14:00 oop, maar op 28 September, wanneer die Premierliga-finaal vir klubs finaal afgehandel word, en op 5 Oktober is dit al om 13:00 oop.
Die drie het hulself gate uit geniet by die rugby by Eagle's Nest onder Outeniquapark. Van links: Reghard Jordaan (11), Katelynn Bosman (3) en Wikus Jordaan (8). Die Jordaan's is leerders by George-Suid. Foto: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'