Update
RUGBY NUUS - Aanvanklik is alle klubwedstryde wat gister, 8 Mei, geskeduleer was, gekanselleer nadat die George-munisipaliteit in ’n mediaverklaring aangekondig het dat geen rugbywedstryde van 8 tot 10 Mei op munisipale sportfasiliteite toegelaat sal word nie.
Dit volg op die nat en gevaarlike toestande van die velde ná die swaar reën in die streek.
Die besluit het ’n invloed gehad op die Superliga A-wedstryd tussen Progress en Groot-Brakrivier, wat in Rosemoor sou plaasvind.
Laat gisteraand is ’n skrywe uitgestuur waarin bevestig is dat die wedstryd na Outeniquapark verskuif is en vanaand om 19:00 gespeel sou word.
Die bestuur van Progress het intussen beswaar gemaak teen die besluit om die wedstryd te verskuif weens die kort kennisgewing daarvan. Volgens inligting is die klub eers omstreeks 21:00 per skrywe van die verandering in kennis gestel.
In ’n brief aan die unie vanoggend het Cyril Kellies, waarnemende president van Progress, die unie in kennis gestel dat die klub nie vandag op Outeniquapark sal speel nie en dat hulle wag op ’n nuwe datum vir die wedstryd teen Groot-Brakrivier.
Die unie het bevestig dat die ligawedstryd gekanselleer is.
Verwante artikel:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’