GEORGE NUUS - Die begaafde rugbyspeler Darren Fortuin, wat op pad is na die VSA om aan ‘n internasionale rugbytoernooi deel te neem, moet nog voor sy vlug Sondag vertrek R17 000 neersit… anders verbeur hy die een maal in ‘n leeftyd kans om sy talent op die internasionale verhoog ten toon te stel.
Sy ma, Sherine, sê die gesin sit met hul hande in die hare, want dis ‘n groot bedrag wat hulle vinnig bymekaar moet kry.
Fortuin, wat vanjaar vir die Hoërskool Outeniqua se eerstespan op senter geskitter het, is die enigste skoolseun uit die Kaap wat na dié toernooi genooi is.
Millies, ‘n bekende Superrete in Blanco, het op eie inisiatief gehelp om vir Darrren geld in te samel. Die eienaar, Jacques Matthee, het al die bestanddele vir ‘n paar worsbraaie voorsien waarmee hulle ‘n hele paar rand kon insamel. ‘n Karton is ook in Millies by een betaalpunt geplaas waarin kliënte donasies kon gooi.
Maar hy is steeds ‘n aardige bedrag geld kort voordat hy op ‘n vliegtuig na die VSA kan klim.
Enigeen wat in die laat stadium nog ‘n paar rand kan skenk, kan gerus vir Sherine bel op 078 450 3601.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'