GEORGE SPORTNUUS - Die Jong Arende het vanmiddag hul derde oorwinning in die o.21 skildreeks behaal toe hy Griekwas met 21-17 geklop het.
Dit was 'n klipharde wedstryd en geen genade is deur beide spanne gegee op die groen gras van Outeniquapark.
SWD het twee keer agter die doellyn gaan kuier en Griekwas drie keer. Met enkele minute speeltyd oor het Griekwas besef dis nou of nooit en verwoed aangeval.
SWD het egter kop gehou en die aanslag afgeweer. Gerwyn Alexander,SWD se afrigter,het na die wedstryd sy tevredenheid met sy span se vertoning uitgespreek.SWD se volgende wedstryd is op 30 September en dis ook 'n tuiswedstryd.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'