GEORGE RUGBYNUUS - Een van die groot hoogtepunte op die skolesportkalender, die FNB Classic Clash tussen Hoërskool George en Hoërskool Pacaltsdorp, word die naweek weer in die Rosemoor-stadion afgehandel.
Die program skop om 08:00 af met veldwedlope en die rugby- en netbalwedstyde vir o.14-spanne.
Die sokker kom om 10:00 aan die beurt en om 12:00 pak die o.19-dogters mekaar in rugby. Die netbalwedstryde vir die junior spanne begin ook om 08:00.
Die gróte, die o.19-rugbywedstryd tussen dié twee skole, skop om 13:00 af en word direk op SuperSport uitgesaai.
Die dag se program behoort teen 15:00 klaar te wees. Toegangsgeld is R10 vir skoolleerders in uniform en volwassenes betaal R20. Dit kos R10 per motor, passasiers uitgesluit.
EDENfm gaan die verrigtinge van 09:00-13:00 lewendig uitsaai.
Nog 'n hoogtepunt is die parade met die Mej. George en Pacaltsdorp en 'n danskompetisie. By die kosstalletjies sal verversings te koop aangebied word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'