GEORGE RUGBYNUUS - Sy oorwinning met 25-23 oor Evergreens in die eindstryd van die Mic Fin Premierliga Saterdagmiddag op Outeniquapark span vir Crusaders die kroon op 'n suksesvolle seisoen in die SWD se topklubliga waarin hy vir 'n groot deel die pasaangeër was.
Dis die klub se eerste Premierliga-titel sedert die klub 16 jaar gelede gestig is.
Crusaders se ervare leierskorps en sy sterk plaasvervangerbank was deurslaggewend. Sy kaptein, Layle Delo kon in taai wedstrydsituasies terugval op staatmakers soos Christo du Plessis, Wayne Kahn, Arden Wesso en Dean Hopp.
En agterlangs het opkomende sterre soos sy opwindende senterpaar, Jaydon Onkers en Curtley Scheepers, groot bresse in menige spanne se verdediging geslaan.
Die hegte spaneenheid het Crusaders tot 'n gedugte teenstander saamgesnoer en die samespel tussen sy voor- en agterspelers was voortreflik.
Moet ook nie die rol van sy afrigtingspan en die bestuur enigsins geringskat nie. Dié was eksieperfeksie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'