RUGBY NUUS - Duhan van der Merwe het vanmiddag 'n droom debuut vir die Britse en Ierse Leeus gehad.
Hy het in sy eerste wedstryd 'n drie gedruk. Dit was in die wedstryd van die span teen Japan in Edinburgh, Skotland.
Van der Merwe het sy drie binne die eerste 15 minute van die wedstryd gedruk.
Teen rustyd het die Leeus 21-0 voorgeloop. Die eindtelling was 28-10 in die guns van die Britse en Ierse Leeus.
LEES: Duhan maak môre sy buiging vir Leeus
Die Suid-Afrikaans gebore Van der Merwe kom oorspronklik van George. Hy het sy skoolloopbaan in 2013 aan Hoërskool Outeniqua voltooi. Sy ouers, Alhan en Dulene van der Merwe en sy tweelingsussie, Simoné, woon steeds in George. Sy ouer, broer, Armand, wat ook van George kom, het al vir die Springbokke uitgedraf.
*Die span sal na verwagting kort na die wedstryd teen Japan na Suid-Afrika kom waar hulle in onder meer drie toetse teen die Springbokke sal speel. Hulle speel reeds aanstaande Saterdag( 3 Julie) hul eerste toerwedstryd in Gauteng waar hulle teen die Leeus van Johannesburg speel. Die eerste toets is op 24 Julie in Kaapstad,die tweede op 31 Julie in Johannesburg en die derde op 7 Augustus ook in Johannesburg.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'