TUINROETE RUGBY NUUS - Bridgton-rugbyklub se A-span het verlede Saterdag vir Evergreens van George in eendeweer met 30-24 geklop.
Die russtydtelling was 14-10 in Evergreens se guns.
Hierdie SWD Super A-ligawedstryd was by Bridgton-sportterrein gespeel.
Hierdie oorwinning bring mee dat Bridgton nou al George se spanne wat Progress en George insluit, vanjaar in hierdie elite liga geklop het.
Bridgton se B-span was ook aan die wenkant met 23-10, terwyl hul C-span ook Evergreens met 9-8 getroef het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’