GEORGE NUUS - Die Boland Kavaliers het vanmiddag, Sondag 14 April, die SWD Arende met 35-5 op Outeniquapark geklop.
'n Geesdriftige skare het op die Sondagmiddag by die wedstryd opgedaag.
Ongelukkig vir die tuisskare het die Kavaliers grotendeels die botoon gevoer.
Die span het verskeie kere agter die doellyn gaan kuier.
Moet egter nie dink die Arende het nie probeer nie. Hulle het moedig gespeel en kort voor rustyd die skare op hul voete gehad met 'n skitterende drie.
Die veld was nat en dit het by die tye die bal moeilik hanteerbaar gemaak.
Vir die tuisskare was daar darem 'n troosprys: Manie Libbok,wat sterk bande met George het, het saam met sy mede-Springbok, Marco van Staden, die oorspronklike Webb Ellis-beker gewys.
Beide spelers was deel van die Springbokspan wat verlede jaar die beker gewen het.
VIDEO: EUGENE GUNNING
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’