Gallery
GEORGE RUGBYNUUS - Blanco is stadigaan besig om weer sy kop op te tel. Na 'n aanvanklike stotterende begin in die SWD MicFin Premierliga-rugbykompetisie het die manne in maroen en groen Saterdagmiddag op hul tuisveld 'n kragvertoning teen die kampioen, Progress, gelewer en so ampertjies verras.
Progress het dié bulstryd, waar alle fronte hard en selfs meedoënloos gevoer is, met 34-31 gewen. Blanco het die pap van meet af aan dik aangemaak en twee vinnige drieë gaan druk.
Hier het sy een aanwins, Xolela Payi (heelagter) met sy kenmerkende dartellopies groot indruk gemaak.
Blanco se ondergang was sy onvermoë om die talle kanse wat hy op 'n skinkbord gekry het, te gebruik. Die tuisspan het ook te veel onnodige strafskoppe afgestaan en Progress toegelaat om die taai tweestryd uiteindelik te wen.
Progress het deurentyd koelkop gebly en gewys waarom hy die SWD se kampioen is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'