GEORGE RUGBY NUUS - Die SWD Arende het ongelukkig sy wedstryd vanmiddag teen die OP Olifante in Gqeberha verloor. Die eindtelling was 28-19 ten gunste van die Olifante.
Die Arende het drie keer agter die doellyn gaan kuier maar dit was nie genoeg.
Dit was die Arende se laaste wedstryd vanjaar in die 1ste divisie van die Currriebekerreeks. Dit bring 'n einde aan die Arende se seisoen waar hulle nie net met uitdagings op die veld te doen gekry het nie, maar ook af van die veld.
Die Arende het sy eerste wedstryd teen die Valke met 17-50 verloor. Daarna kon die span se wedstryde teen die Luiperds en Griffons as gevolg van Covid-19 nie plaasvind.
Dis iets waaroor die span nie beheer gehad het. In hul wedstryd teen die Boland Kavaliers het hulle amper die knoop deurgehaak en met 21-28 verloor. Verlede Vrydag was die span op die wenpad toe hy die Grens Bulldogs met 50-29 verslaan het.
Marquit September, kaptein van die Arende, het aan George Herald gesê dit was 'n baie aangename maar harde wedstryd. "Dis jammer dat ons verloor het."
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'