Breaking News
GEORGE NUUS - Die SWD Arende gaan tog môremiddag, 10 Junie teen die Boland Kavaliers speel. Die wedstryd begin om 15:00.
Dis in 'n halfeinstryd van die Mzansi-reeks.
Dit bring 'n einde van hoog drama die afgelope week af van die veld. Anton Moolman, hoofafrigter van die Arende en Ben Brinkhuis, president van SWD Rugby het dit kort gelede aan George Herald bevestig.
Die Arende het eers Dinsdagaand duidelikheid oor hul teenstanders gekry. Toe was daar onduidelikheid oor die wedstryd dag en tyd.
SWD Rugby het Donderdag 'n dispuut met SA Rugby verklaar.Brinkhuis het vanmiddag gesê Saru het hulle geboelie om die wedstryd môre te laat plaasvind.
"Saru het nooit na ons argumente geluister oor die puntetoekenning aan die Valke in die reeks oor die wedstryd teen die Rhinos wat nie plaasgevind het."
Hy het 'n beroep op Arende ondersteuners gedoen om môremiddag in groot getalle in groen op te ruk na Outeniquapark.
Janneman Stander, kaptein van die Arende, het gesê die span is gereed. "Ons sien uit na die wedstryd."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’