Gallery
Die mans en vroue van die Rebel-viertrekklub van George skrik nie vir modder nie en Saterdag het dié klomp weer hul bestuursvernuf by Glentana se uitdagende baan bewys.
Heelparty bestuurders se voertuie moes met 'n trekker uit die moddermoeras gered word.
Anthea Fourie het die aksie met haar kamera gekiek.
Die uitslae was as volg:
FF-klas
1. Fanie en Lindi Grobler (760). 2. Christie de Kock en Gys van Vuuren (610). 3. Madelein en Jaandre Snel (470). 4. Klaus Lutzeler (0).
CM-klas
1. Anneliza Vogel en Lientjie van der Merwe (380). 2. Hanco Serfontein en Zander Fourie (340). 3. Arjan Wierenga en Sunel Eybers (290). 4. Johan Vogel en Etienne Jacobs snr (190).
C LWB-klas
1. André en Leandre Kirchner (300). 2. Chris Meyer en Riaan Barnard (190).
D-klas (pypkar)
1. Johan en Carol Maritz (130).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'