Gallery
GEORGE NUUS - Die Top Gear Sport 10 km- en 5 km-aandwedloop op Vrydag 26 Januarie het alle verwagtinge van die organiseerders oortref toe heelwat meer atlete opgedaag het as wat hulle verwag het.
Rainbow-atletiekklub het die wedlope in die George-sakekern aangebied. Die weerstoestande was ideaal en windstil en 'n feestelike atmosfeer het geheers met die opgewekte klanke van die Coca Cola-musiekwa in die agtergrond.
Dit was uit die staanspoor duidelik dat die voorste atlete van Atletiek SWD slaggereed was om mekaar die stryd aan te sê met ‘n hele paar besoekende atlete wat ook stiptelik aangetree het om deel te neem.
Die wedlope het uit die staanspoor teen ‘n redelike vinnige pas begin. In die 5 km-wedloop het 110 atlete weggespring en ‘n rekordgetal van 365 atlete in die10 km-wedloop wat vir die 17de keer aangebied is.
FOTOGALERY: Top Gear aandwedloop op George
Rainbow-atletiekklub se president, Sidwell Oktober, en voorsitter Elmo Botha, het gesê die getal inskrywings het hulle wildste verwagtinge oortref. Hulle het later die aand uit medaljes geraak.
Die borg, Ters Gilliomee van Top Gear, het egter na die wedloop belowe om nog medaljes beskikbaar te stel. Atlete wat nie medaljes ontvang het nie, kan hul wedloopmedaljes oor drie weke by Top Gear Sport afhaal.
Vir navrae in hierdie verband, kan kan atlete kontak maak met Sidwell Oktober by 071 995 5346.
Top Gear het R40 000 se geskenkbewyse van R1 000 elk geborg wat aan die wenners van die gelukstrekkings oorhandig is.
Gilliomee het hy aangedui dat hy graag die wedloop volgende jaar sal wil sien groei wanneer dit vir 18de keer aangebied sal word.
Die wenners in die onderskeie kategorieë is soos volg:
Mansafdeling:
- Selwyn Matthews (Nedbank-hardloopklub) - 33 min 5 sek
- Willard Jussah (Nedbank-hardloopklub) - 33 min 40 sek
- Apiwe Nqweniso (Thembalethu-hardloopklub) - 35 min 27 sek
Vroueafdeling:
- Stephany Petro (Noordwes Universiteit) - 38 min 22sek
- Nerida Lubbe (Nedbank-hardloopklub) - 42 min 4 sek
- Nikki Walters (Knysna-marathonklub) - 42 min 8 sek
Veterane 40-49:
- Willard Jussah (Nedbank-hardloopklub) - 33 min 40 sec
- Melikaya Mzizi (Knysna-marathonklub) - 37 min 32 sec
Vroue:
- Nerida Lubbe (Nedbank-hardloopklub) - 42 min 04 sec
- Benita Joubert (Nedbank-hardloopklub) - 47 min 03 sec
50-59:
- Mauritz Jansen Van Rensburg (Outeniqua Harriers) - 39 min 39 sec
- Kobus Boshoff (Outeniqua Harriers) - 39 min 42 sec
Vroue:
- Elmien Nel (Nedbank-hardloopklub) - 47 min 32 sec
- Karen Nel (Nedbank-hardloopklub) - 53 min 18 sec
Groot Meesters 60-69:
- Johan Grobbelaar (Nedbank-hardloopklub) - 39 min 15 sec
- Elrich Spiers (Coastline-hardloopklub) - 43 min 10 sec
Vroue:
- Annatjie Botes (Nedbank-hardloopklub) - 46 min 28 sec
- Sanet Milachawski (Knysna-marathonklub) - 58 min 30 sec
Groot Groot Meester 70-79:
- Manie Steenkamp (Nedbank-hardloopklub) - 50 min 46 sec
- Steward Stiles (Tydelik) - 57 min 47 sec
Vroue:
- Toekie Steenkamp (Nedbank-hardloopklub) - 59 min 34 sec
- Diana Venter (Cape Multi Sport) - 1:10:17
Groot Groot Groot Meester 80+:
- Les Steward (Hartenbos Drawwers) - 1:02:00
- Willy Fry (Outeniqua Harriers) - 1:19:37
Juniors:
Seuns:
- Acemathle Ciki (Knysna-marathonklub) - 42 min 00 sec
- Tristan Jacobs (Tydelik) - 42 min 35 sec
Meisies:
- Zanike Breytenbach (Tydelik) - 45 min 40 sec
- Dalene Willemse (Nedbank-hardloopklub) - 45 min 42 sec
Stappers:
- Mans: 1. Ernest van Zyl (Nedbank-hardloopklub) - 1:06:39
- Vroue: 1. Mariaan van Zyl (Nedbank-hardloopklub) - 1:13:41
'n Feestelike atmosfeer het by die Top Gear-aandwedloop geheers en meer atlete as verwag het ingeskryf.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’