GEORGE NUUS - Die jaarlikse Spur na Spur-wedloop vind weer vanjaar op Woensdagaand 6 November om 18:00 plaas.
Atlete spring weg by die Geronimo Spur in Yorkstraat en eindig by die Timberwolf Spur by die Garden Route Mall. Die wedloop is een van oudste op die kalender van Atletiek SWSD (ASWD) en George en die topatlete in die provinsie het aangedui dat hulle gaan deelneem.
Die roete is effens aangepas, wat die wedloop vinniger sal maak.
Inskrywings kan aanlyn gedoen word by www.aswd.co.za tot Maandag
4 November. Handinskrywings kan by Top Gear Sport in Meadstraat asook by beide die Geronimo en Timberwolf Spur gedoen word.
Laatinskrywings word slegs by die Geronimo Spur (Yorkstraat) toegelaat van 16:30 af. Geen inskrywings sal op Woensdag by die Timberwolf Spur aanvaar word nie.
Die inskrywingsgeld is R55 vir klubatlete wat vooraf inskryf. Nie-klubatlete betaal 'n addisionele R35.
Atlete wat laatinskrywings doen, moet R20 by hul inskrywingsgeld byvoeg.
Atlete in die verskillende kategorieë sal weer prysgeld ontvang. Alle atlete wat die wedloop binne die afsnytyd voltooi, sal medaljes ontvang.
Daar sal 'n gelukstrekking by die prysuitdeling om 20:00 wees.
Vervoer word aan atlete van die eindpunt af (Timberwolf Spur) ná die wedloop voorsien.
Bel vir Chandré Boshoff 072 644 1142 vir meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'