GEORGE NUUS - Die eerste Tekkie Town 2 Tekkie Town-aandwedloop vind op Woensdag 6 November om 18:00 plaas, aangebied deur Outeniqua Harriers.
Die wedloop begin by Food Lovers Market by die Garden Route Mall en eindig by Tekkie Town se hoofkantoor in Meadestraat.
Asics is ook aan boord met gelukstrekkings van meer as R30 000 wat bo-en-behalwe die prysgeld gewen kan word.
Atlete kan nog aanlyn inskryf tot Maandag 4 November, sowel as per hand by Garden Route Mall Tekkie Town en Tekkie Town-hoofkantoor in Meadestraat.
Atlete kan ook laat inskryf by Food Lovers Market se parkeerarea. Inskrywingsgeld beloop R80 vir klubatlete en R125 vir atlete wat nie aan 'n klub behoort nie. Laat inskrywings kos R20 ekstra.
Alle atlete wat die wedloop voltooi ontvang 'n medalje. Daar sal vervoer beskikbaar wees vir atlete vanaf die eindpunt na die beginpunt.
Verversings sluit in 'n gratis bier vir atlete bo 18 jaar, 'n koswaentjie van Steers en 'n koffie-fasiliteit.
Vir navrae kontak Duppie by 084 501 0168.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’