In die belangrikste wedstryd van die aand pak The Butcher Boys vir Smitties Nr Plates. Hulle is saam voor op 55 punte met die slag-huismanne wat slegs 'n kortkop voor is met 'n skoteverskil van 43 teenoor 32.
Dit sal amper 'n bomenslike poging van die volgende spanne op die punteleer verg om die titel te buit. Die gaping tussen Terry's Auto Clinic (51 punte), Digifusion (50) en Aces High (49) is dalk net te groot om die voorlopers in te haal. In nog 'n wedstryd wat groot belangstelling gaan lok, pak Nashua en Ricoh mekaar alhoewel die uitslag slegs van akademiese waarde sal wees.
Die toernooi word afgesluit met die gebruiklike en gewilde steakbraai. Wedstryde vind vanaf 18:00 af plaas by die Outeniqua-rolbal-klub se bane in Airwayweg, Heatherpark en alle belangstellendes is welkom om in te loer.

Sheena Nel, van span Nashua, glimlag oor haar prys wat sy van Greg Young ontvang.

Martin Olivier, van Aces High (lilnks), ontvang sy prys van Greg Young.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'