GEORGE SKOPBOKS NUUS - Die 14-jarige Tyron Healing, 'n gr. 8-leerder by Hoërskool Outeniqua, is stilweg besig om groot opgang in skopboks te maak.
Hy het 'n raps meer as 'n jaar gelede by Phil Anderson se skopboksakademie ingeval en gou sy merk gemaak. Met sy eerste deelname aan die SWD-skopbokstoernooi in George-burgersentrum het Tyron 'n silwermedalje verower en nou onlangs in Jeffreysbaai by die EP Classic-toernooi het hy twee goue medaljes losgeskop.
In Oktober gaan hy deelneem aan die Destiny-toernooi in Kaapstad en wen hy daar kwalifiseer hy vir deelname aan 'n groot oorsese toernooi.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'