En nou gaan hulle teen die bestes in die land meeding.
Sieg jr. 'n graad 11-leerder van Hoërskool Outeniqua, het saam met sy pa aan die Pro-Am Groeperingskompetisie by Aberdeen deelgeneem en 'n spog-groepering van 16,29 mm met fabrieksammunisie en sy 3-06-jaggeweer behaal.
Sy pa, wat 'n ervare Protea-skut is, het ook tydens dieselfde kompetisie 'n uitstekende groepering van 8,99 mm behaal.
Hiermee het hulle verseker dat hulle nou in die Pro-Am nasionale kompetisie later vanjaar in Pretoria gaan deelneem en met van die beste skuts in die land gaan skouer skuur.

Sieg Minnie senior se kolskote.

Sieg Minnie junior se uitstekende groepering.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'