Dr. Tom Barrett van George het ook baie goed gevaar en net ná Julian geëindig.
"Ek is darem só trots jong," het Sandra van Rensburg - wat self handig agter ‘n stuurwiel is, aan die George Herald gesê.
"Nico het baie goed gevaar en Julian het ons almal verbaas. Dit was maar sy tweede deelname op 'n teerbaan.
"Die eerste keer op teer was toe hy einde April by Killarney deelgeneem het," sê Sandra.
Dit was Julian se heel eerste Hillclimb asook sy heel eerste wedren op 'n openbare pad. Dié Knysna-wedren het altesame 80 inskrywings gehad. Julian en Nico moes aan verskillende uitdunne deelneem om deur te dring. Uiteindelik was daar net 52 deelnemers wat na Sondag se eindrondes deurgedring het.
In die algehele puntestand was die trio van George soos volg geplaas: Nico van Rensburg - 29ste, Julian van Rensburg - 30ste en Tom Barrett - 31ste. Barrett het self sy hart uitgery om Nico te probeer vang.
In 'n stadium Sondagoggend was Nico en Julian se tye so naby aan mekaar dat hulle net 0.05 sekondes verskil het - Nico op 52.55 en Julian op 52.60 sek.
"Ons het lekker gelag, want Julian wou nie nat of droog oor sy lippe neem nie. Dit was glo ‘ekstra gewig’ en hy wou alles insit om sy pa te wen," sê Sandra.
"Wat 'n fantastiese naweek en soooo lekker om huis toe te gaan met twee pragtige trofeë en twee manne wie se harte warm klop." Om drie jaers van George in die wenners van regoor die land te hê, is 'n groot prestasie vir George.
Nico van Rensburg omhels sy seun Julian ná die wedren.
Julian van Rensburg het in dié motor van Jody Scheckter aan die Knysna Hillclimb deelgeneem.
Julian wag vir die vlag om te val sodat hy kan wegspring.
ARTIKEL: ANICA KRÜGER