GEORGE ROLBALNUUS - Outeniqua-rolbalklub se spanne het skoonskip gemaak in die baie kompeterende Eden senior vierspelkampioenskappe deur goud in beide die mans- en dameskompetisie te buit.
Twee spanne van die klub het tot die eindstryd in die mans-afdeling deurgedring en wat 'n eindstryd was dit nie met die uitslag wat tot die einde in die weegskaal was.
Die span van Japie Combrink met Dirk Breedt, Das Barnard en Jan Scouten het uiteindelik met die louere weggestap. Attie Nortjé se span met John Dampier, Tom Strydom en Basie du Preez het silwer ontvang.
Die damesspan wat vir die derde jaar agtereenvolgens goud gebuit het, se spanlede was Nan Roos, Jemima Nortje, Eliana Hattingh en Judy Swart.
Wendy Murray het silwer aan Attie Nortjé (tweede van links) oorhandig. Sy spanlede was Tom Strydom en John Dampier (regs). Die vierde spanlid, Basie du Preez, was afwesig met die neem van die foto.
Wendy Murray, wedstrydsekretaris van Eden by die mansspan wat goud gewen het. Van links is Japie Combrink, Dirk Breedt, Das Barnard en Jan Scouten.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'