GEORGE ROLBALNUUS - Die rolbalspan van Outcasts het die privaat skool Young Ambassadors (Yaps) in George se eerste rolbaldag, wat met groot sukses by die Outeniqua-rolbalklub aangebied is, gewen.
Kommaweer Stoffeerders het tweede geëindig met Hotshots derde en Butz en Glutz vierde.
Yaps bedank al sy borge en medewerkers wat gehelp het om 'n sukses te maak van die dag: Outeniqua-rolbalklub, Young Ambassadors-personeel, Toorbos Guest Farm, Matjiesvlei Guest Farm, House Martin Lodge, Karoowater, Jack's Paint Heather Park, West Coast Fisheries, Diskonto, McDonalds, Office National, Green Cleaning, Virgin Active, Eyeland George, Just Water, Vitalvet George, Bridge House Auctions.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'