TUINROETE HENGELNUUS - Van 12 - 14 November het Eden-hengelassosiasie as gasheer opgetree vir die Nasionale Grootmeester-hengelkampioenskappe wat op Hartenbos plaasgevind het.
Ten spyte van die hengelomstandighede wat uiters moeilik was, kon Johan Strauss van George daarin slaag om 'n mooi kabeljou van 12.9kg te vang.
Hy het algeheel derde geëindig en is ook opgeneem in die Protea-span wat gaan deelneem teen Namibia.
Tony Harding van Knysna was algeheel 8ste, en Willie Vorster (Stilbaai) was 10de.
Johan Straus met n kabeljou van 12.9kg. Vis is lewendig vrygelaat.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'