Toeskouers het na hul asems gesnak met waaghalsige drywersvernuf en medebestuurders moes hul navigasievaardighede tot die uiterste beproef.
Dwayne Erasmus, groentjie in die extreme-klas, het sy voertuig goed ingelyf en sy ma in trane gehad nadat hy sy voertuig gerol het. Hy het ook met die rol van die dag-titel weggestap.
In standaard klas het Francois Dorf-ling die ander manne laat les opsê en eers-te in sy klas gekom. Burt van der Walt tweede en Johan Vogel derde.
In die gemodifiseerde klas was Ettienne Jacobs eerste, Zak Voster tweede en Reinhart van Deventer derde.
Die extreme-klas se wenners is Klaus Lutzeler (eerste) en kort op sy hake Pierre Joubert en Christie de Kock in derde plek.
Henrico Erasmus, Francois du Toit, Arjan Wierenga en Edrick Bruwer moes vroeg uittree by hindernis drie nadat almal meganiese pro-bleme ondervind het.
Vir meer inligting oor volgende byeenkomste kontak Attie de Klerk by 082 323 2339 en Edrick Bruwer by 072 764 9616.
Aan modder was daar geen tekort in die moeilike hindernisse nie.