GEORGE NUUS - Daar heers groot opgewondenheid vir die Rebel-viertrekklub se laaste viertrek-byeenkoms van die jaar wat Saterdag 8 Desember op die plaas Dronkfontein net buite Glentana aangebied word.
Dié byeenkoms is die laaste kans vir viertrekkers om waardevolle jaarpunte in te samel. Benewens die opwindende aksie kan toeskouers ook heerlike kos en verfrissende koeldranke by die kosstalletjies aanskaf.
Die byeenkoms begin om 08:00 en inskrywingsgeld beloop R350 per voertuig. Toegang is R50 vir volwassenes en gratis vir kinders onder 12.
Daar is aanwysingsborde na Dronkfontein.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'