GEORGE NUUS - Gedurende die naweek van 21 tot 23 Mei het die Kwagga-bergfietsryers deelgeneem aan die eerste been van die Spur-liga.
Die leerders het weens Covid-19-regulasies in 'n tydtoets-formaat gery. Leerders het dus gekompeteer om te kyk wie die vinnigste tyd om die baan kan opstel.
Die goeie uithouvermoë en tegniese vaardighede van die Kwaggas het beïndruk. Hoërskool Outeniqua is tans die voorloper in bergfiets en die deelnemers werk baie hard.
Die volgende byeenkoms vind op 31 Julie plaas.
Jaydan du Randt behaal 'n eerste plek in sy ouderdomsgroep.
Daniël Otto het 'n eerste plek in sy ouderdomsgroep behaal. INLAS: Ruben Henning Foto's: Charl Gerber
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'