GEORGE NUUS - Lus om aan 'n nagwedloop deel te neem? Inwoners en besoekers kry Maandag 27 Desember die geleentheid om aan sulke wedlope by die Pacaltsdorp-sportterrein deel te neem.
Dit begin om 18:00 en daar is twee afdelings: 10 km en 5 km. Inskrywings-geld beloop onderskeidelik R75 en R30.
Dit vind plaas onder die vaandel van die Rainbow-atletiekklub en die hoofborg is die George-munisipaliteit.
Sidwell Oktober, voorsitter van die klub, het Maandag gesê daar is groot belangstelling vir die geleentheid en daar word voorsiening gemaak vir sowat 300 deelnemers.
Mense kan nog inskryf. Aanlyninskrywings sluit Vrydag 24 Desember om 12:00 en die geskrewe inskrywings dieselfde middag om 17:00. Belangstellendes kan inskrywingsvorms gaan afhaal by Top Gear op die hoek van Hibernia en Meadestrate in die stadskern. Dit kan ook daar ingehandig word.
Registrasie vir die geleentheid vind van 16:00 op Maandag 27 Desember plaas. Volgens Oktober is mense honger om weer te hardloop en enigiemand is welkom om in te skryf.
Vir meer inligting skakel 071 995 5346.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'