Gallery
GEORGE NUUS - Gillian Young (16) van Outeniqua-rolbalklub het die jongste speler ooit geword om die Eden-president se uitnodigingstoernooi vir dames by die George-rolbalklub te wen.
Young het in die eindstryd teen Daleen O'Connell van Knysna te staan gekom en die wedstryd was vanuit die staanspoor 'n riller met beide spelers wat geweier het om bes te gee.
Met Young se laaste oor bal was die telling 20-20. Sy het koelkop gebly, die laaste aflewering gerol en een punt opgestel om uiteindelik met 21-20 teen haar heelwat meer ervare teenstander te seëvier.
Young se klublid, Judy Swart, het die silwermedalje ingepalm.
In die mansafdeling het Morné Pienaar (George) met goud weggestap terwyl Willem Fick (Outeniqua) silwer en Terrence Wilson (Outeniqua) brons ingepalm het.
Morné Pienaar (George) met die trofee wat hy as manswenner van die president, Jenny Sinclair, ontvang het.
Die president van Eden-rolbal, Jenny Sinclair, het ook van die geleentheid gebruik gemaak om twee lede wat hulle Vlak 3 tegniese beampte-eksamen suksesvol deurloop het, Petro Adlam en André Bezuidenhout, se balkies en sertifikate te oorhandig.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'