GEORGE NUUS - Jens Seeberger, talentvolle lid van Outeniqua-rolbalklub, het die Eden-kampioenskap vir beginners gebuit deur alle opponente voor hom uit die pad te vee.
In die vroueafdeling het Val Nicholas dit net nie in die eindstryd gemaak nie en is as naaswenners gekroon.
Gary Joyce, wat in die semifinale deur Seeberger uitgeskakel is, het ook puik gevaar.
Vier van die Outeniqua-klublede het hul seksies gewen en na die uitspeelwedstryde deurgedring.
Die reeks is oor twee dae by die Sedgefield-rolbalklub gespeel en net spelers wat 'n maksimum van drie jaar rolbal speel, het gekwalifiseer om in te skryf. Spelers van oor die streek is genomineer om in die kampioenskap deel te neem.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'