Dit kom nadat die span die naweek silwermedaljes verower het by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.
Die skool se 440kg-span het bronsmedaljes verwerf en die 480kg-groep het vierde geëindig uit 21 spanne in hulle afdeling. Altesaam 189 toutrekspanne het deelgeneem aan die kampioenskappe wat op Swellendam gehou is.
Hierdie oorwinnings kom nadat Van Kervel se spanne onlangs uitstekend gevaar het by die SWD Kampioenskappe, ook op Swellendam.
Met 55 trekkers en agt afrigters het Van Kervel Skool se toutrekspanne op 11 Maart uit George vertrek met die hoop om een, moontlik twee, medaljes by die SWD Kampioenskappe te wen. Hulle het in hul eerste afdeling, die 480kg, goud ingepalm, die eerste medalje vir die seunstoutrekkers in 10 jaar.
Maar hulle het nie daar gestop nie, en wen nog ‘n silwer in beide die 440kg- en 520kg-afdelings.
Laaste was die grote, die 560kg-afdeling, die een waarvoor almal gewag het - en hierdie span het ook nie teleurgestel nie toe hulle die eerste plek vir hulle skool vero-wer. Die meisies het ook hulle slag gewys deur silwer en brons in die 480kg en 520kg te ontvang.
Dit was ‘n uiters suksesvolle SWD Kampioenskappe wat moontlik gemaak is danksy die ondersteuning van die ruimhartige donasies van verskeie borge.
Die toutrekspanne benodig enige ou rolskaatse wat hulle verander en dan gebruik om hul enkels te ondersteun. Kontak mnr. B Barnard (083 5610964) indien u kan help.
Van Kervel Skool se 560kg-toutrekspan, met afrigter Michael Lourens, net nadat hulle hul silwermedaljes by die SA Kampioenskappe verlede naweek ontvang het.