Gallery
GEORGE NUUS - Oorwinnings deur die eerste rugbyspan, landloop, tafeltennis, skaak, VCSV, rolbal en aksiekrieketwedstryde deur Hoërskool George in die jaarlikse FNB Classic-Clash-wedstryde teen Hoërskool Pacaltsdorp op die Rosemoor-sportterrein het die gasheerskool sekerlik genoegsame rede gegee om te verklaar dat George die jaar Pacaltsdorp se meerdere was.
In die eerstespan-rugbywedstryd het George die oorhand gehad en maklik met 22-0 gewen. Die wenspan se agterlyn het die groot skare op hul voete gehad met hul spoed en balvaardighede. Veral Marshall Andrews (skrumskakel), Wiltano Seconds (losskakel) senterpaar, Kerwin Roelofse, Linford Crotz en Sergio Stalmeester (heelagter) het die besoekers hoofbrekens gegee.
George se plaasvervangersbank het in die tweede helfte ook 'n groot verskil gemaak. Vir Pacaltsdorp het hul lenige flank, Jeaneto Pietersen, uithalerspel gelewer. Sy spoed na die afbreekpunte en rotsvaste verdediging het die tuisspan verras.
Vir die wenspan is Lorenzo Wewers (regtervleuel) Crotz en Warzaineon Barends (vaskopstut) oor vir drieë. Seconds slaag met 2 doelskoppe en 'n strafdoel.
Die o.19A-netbalwedstryd was baie spannend en het met 33 elk gelykop geëindig.
Vir Pacaltsdorp het Marscha-Lee Laminie en Joshill Abrahamse uitgeblink.
Berodine Goede, Jadene-Lee Otto en Nicole Arendse was die tuisspan se beste spelers. Goede het 17 en Otto het 16 doele aangeteken.
Die sokkerwedstryd het met 2 elk gelykop geëindig.
Ander uitslae en puntemakers:
Rugby o.14A: George (29): Drieë - Enrique Hendricks (flank), Johran Jansen (flank), Dorian Arries (agtsteman), Jayden Keyser (losskakel), Markwine Swartz (buite-senter). Keyser slaag met 2 doelskoppe.
Pacaltsdorp 0.
o.15A: George (45): Drieë - Damain Paulse (heelagter), Matteus Fortuin (regtervleuel), Cur-Joe Kortje (linkervleuel), Heathwin Lottering (losskakel), Caywon Bouer (flank), Fabian Pietersen (slot), Veneto Morris (loskopstut). Lottering slaag ook met 5 doelskoppe.
Pacaltsdorp: 0
o.16A: George (29): Drieë - Romondo Josephs (loskopstut), Jean-Paul Heyns (buitesenter), Levy Leonard (heelagter, 2) Jaylen James (binnesenter). James slaag ook met 2 doelskoppe.
Pacaltsdorp (5): Drie - Daywin Meyer (heelagter).
o.19B: George (29): Drieë - Romaric Kamfer (heelagter, 2), Johndre Julies (regtervleuel), Calwin Michells (plaasvervanger-losskakel), Shadrain Canary (plaasvervanger-senter). Breyton Witbooi (losskakel) slaag met 'n doelskop.
Pacaltsdorp (12): Drieë - Cheslin Hartnick (linkervleuel), Keanan Arries (heelagter). Jason Manuel (losskakel) slaag met 'n doelskop.
Sokker:
George (2): Doele - Renaldo Meyer, Aiden Michaels.
Pacaltsdorp (2): Doele - Fransisco Plaatjies, Brandon April.
Netbal:
o.14A: George (19): Doele - Roxhaan Dirk (9), Shuleyma Erasmus (4).
Pacaltsdorp (2): Doele - Dessli-Ann Phillips.
o.15A: George (14): Doele - Nicole Windwaai (7), Mahdinia Gregory (7).
Pacaltsdorp (7): Doele - Mechice Matolla, Aurilia Britz (8), Dessi-Ann Phillips.
o.16A: George (15): Doele - Olga Pieterse (8), Deidre Jjames (7).
Pacaltsdorp (6): Doele - Carmilla Spogter (4), Shandre Fortuin, Carlon Olivier.
Tafeltennis: George 8, Pacaltsdorp 6.
Skaak: George 12, Pacaltsdorp 0.
VCSV: George 8, Pacaltsdorp 7.
Rolbal: George 14, Pacaltsdorp 2.
Aksiekrieket:
o.19A: George wen met 79 lopies.
o.15A: George wen met 9 lopies.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'