SUID-KAAP NUUS - Die jaarlikse Bestmed Eden-straatmylreeks vind weer oor drie bene plaas: 16 Desember (Oudtshoorn), 18 Desember (George) en 20 Desember (Hartenbos).
Die fietsrykomponent het vanjaar verder uitgebrei na die NMU-wedloop op die George Kampus. Dit word weer onder die beskerming van die Klein Karoo-atletiekfonds (KKAF) en in vennootskap met Atletiek SWD (ASWD), Eden-fietsry, NMU en die ATKV aangebied.
Dave van der Walt, operasionele bestuurder van die KKAF, sê: "Die afgelope twee jaar het die fietsrykomponent bygekom en 'n nuwe kleur aan die straatmylreeks gegee."
Vir die eerste keer word medaljes ook toegeken. 'n Prysgeldbeurs van R80 000 gaan die top 1 500/mylatlete beslis na die Eden-distrik laat stroom.
Die eerste been van die reeks staan bekend as die BestMed Klein Karoo-straatmyl. Dit vind plaas in Oudtshoorn in Baron van Reedestraat op Saterdag, 16 Desember.
Die tweede been vind op die NMU George Kampus (Saasveld) op Maandag, 18 Desember plaas. Hierdie been van die reeks staan bekend as die BestMed Nelson Mandela Universiteit-straatmyl bekend.
Hartenbos
Die derde been vind op 20 Desember by die ATKV-terrein in Hartenbos plaas as en staan nou bekend as die BestMed ATKV-straatmyl.
Vanjaar borg die Vrystaatse Universiteit (Kovsies) weer die Grand Prix deel van die reeks. Die mans- en vroue-atleet wat die meeste punte oor die drie bene versamel, kan met die groot prys wegstap. "Soos in die verlede, poog die organiseerders om die top myl- en 1 500m-atlete in Suid-Afrika hierheen te lok."
Die reeks word in die volgende kategorieë aangebied:
Sub-juniors, juniors, 40+ en elite/ope. Daar is ook vanjaar addisionele pryse vir die eerste Eeden/SWD-atlete oor die wenstreep.
Die Oudtshoorn fietsry-mylren, asook die NMU-kermesse se kategorië is o/9, o/11, o/13, o/15, o/17, elite, o/23, veterane (34 en jonger), veterane (35- 49) en veterane (50+).
Die inskrywings kan aanlyn gedoen word. Besoek die webtuiste www.edenmiles.co.za
Alle reëlings rondom die byeenkomste en akkommodasie kan ook op dié webtuiste gevind word.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'