GEORGE ROLBAL-NUUS - Lede van Eden Nomad-rolbal het vanjaar weer hul merk gemaak tydens die nasionale Nomad-toernooie waartydens rolbalspelers van oor die land in aksie was.
Die manstoernooi is in Oos-Londen gespeel met Border Nomads as gasheer terwyl die vrouetoernooi in Jeffreysbaai gehou is met Kouga Nomads as die gasheer.
Sampie Bezuidenhout, wat vroeg in die toernooi die tweede plek nasionaal ingeneem het, het uiteindelik in die 14de plek nasionaal geeïndig en was in die voorste plek onder die Eden Nomads met Barry Connellan as die naaswenner.
Tersia Robertson was die Eden-wenner in die vrouetoernooi met Daphne Faber as die naaswenner.
Die wenner van Eden Nomads tydens die nasionale toernooi, Sampie Bezuidenhout, (regs) met sy trofee en naaswenner, Barry Connellan.
Tersia Robertson, distrikswenner van Eden Nomads by die nasionale toernooi, ontvang hier links haar toekenning van Sandra Exsel, president van Eden Nomads.
Links, Daphne Faber, die Eden Nomads-distrik se naaswenner saam met Sandra Exsel, president van Eden Nomads.
'We bring you the latest George, Garden Route news'