Gallery
GEORGE SPORTNUUS - Eden-fietsry het verlede Saterdagaand, 3 Desember, hulle lede en ryers tydens 'n glansgeleentheid vir hul uitstekende prestasies gedurende 2018 vereer.
Corné Bence, president van Eden-fietsry, het terugvoering gegee oor verskeie suksesvolle wedrenne waarby Eden betrokke was.
Hy het ondermeer verwys na die SA pad- en tydtoets sowel as die Nasionale Jeugfees wat deur Eden-fietsry aangebied is.
Eden-fietsry is ook by verskeie geleenthede aangewys as federasie van die jaar. Daarbenewens het Eden die afgelope jaar heelparty SA kampioene in pad- sowel as bergfiets opgelewer.
Ander hoogtepunte was die opname van Yolande de Villiers in die Proteaspan wat aan die Wêreldbergfietskampioenskappe deelgeneem het.
De Villiers, Matthys Beukes en Robyn de Groot het ook hulle SA kleure ontvang.
'n Hele aantal beamptes van Eden-fietsry het hulle Eden-kleure tydens die geleentheid ontvang.
Bence het gesê dit is baie duidelik dat fietsry in Eden gesond is en selfs wêreldklasryers oplewer.
Eden-beamptes wat Eden-kleure ontvang het is, van links: Sonja Schultz, Danny Aaron, Daclon Aries, Lee Aries, Karin Bence, Essie Esterhuizen, Stephanie Botha en Heinrich Greyffenberg. Regs is Corné Bence, voorsitter van Eden-fietsry.
Wenners
- Yolande de Villiers - algehele beste presteerder
- Marchal Hendricks - senior sportman van die jaar
- Anemie Koen - senior sportvrou van die jaar
- Linel Engelbrecht - junior sportvrou van die jaar
- Benino Hans - junior sportman van die jaar
- Attie Botha - para-fietsryer van die jaar
- Zibi Stars - junior sportspan van die jaar
- Charlize Murphy - nuweling van die jaar (dames)
- Braam Wannenburg - nuweling van die jaar (mans)
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'