GEORGE NUUS - Die finale dag van die George Tens Sport en Leefstylfees het aangebreek.
Die gholf, rolbal en netbal het gister klaar gemaak.
Vandag vind die uitklop- en finale rondtes van die rugby plaas.
Dit is bewolk oor George en die hoofveld van Outeniquapark is aan die nat kant.
Dirk Wessels, burgemeesterskomiteelid van die stadsraad, het vanoggend gesê aanpassings moes gemaak word as gevolg van beurtkrag wat by tye vandag plaasvind. Dit ontwrig egter nie die toernooi nie. Die geleentheid verloop suksesvol en die plan is om dit weer aanstaande jaar aan te bied. Hy glo dit sal van krag tot krag gaan.
Vanjaar kan net 'n beperkte aantal toeskouers toegelaat word as gevolg van Covid-19-regulasies.
Die fees betrek die hele gemeenskap en die geleentheid help die plaaslike ekonomie. Dit het baie besoekers gelok.
Die laaste dag van die George Tens Sport en Leefstylfees is in volle swang.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'